Ek het Francois se gesig nog nooit só gesien nie…mens kan dit seker ‘n grynslag van pyn noem. Hy drap daai fiets van hom asof dit die laaste ding is wat hy gaan doen. Dit was scary om te aanskou. Ek het geweet: Super F is kláár. Ek het med-evac choppers in my verbeelding oor die sat-phone begin summon: “Basis, kom in! Lava versoek med-evac, teammate down, ek herhaal, teammate down!”
…Na ‘n vinnige draffie ager Grant se navigasie aan (in fietsry skoene) om die race instruksies, paspoort en checkpoint of 2 te gryp, is die kopligte versprei. Ons hol rondom karavane en hekkie-sprong oor die lae muurtjies van die vakansie oord. Het sekerlik ‘n paar onstelde mammas gehad oor die 11pm manewales. Spring op die fietse en tráp. Onmiddelik is ek en Francois spyt oor daai conversation wat ons vroeër die aand oor die kos-rantsoene gehad het:
“Moet ek dít saamvat? Ja, vat die saam, vat dit sáám!” Met swaar rugsakke pak ek, Francois, Larry en Grant die race aan. Ons sou slegs remote transitions hê, en moes alles wat ons nodig sou hê saamdra.
Larry en Grant is pure ysterman op die fietse en ek hou Super F geselskap terwyl hy nav. Na sowat 45km se grondpaaie kom ons by die hike aan. Heel onbewus gly ek en F teen die abseil toue af en Larry en Grant kry ons aan die onderpunt…binne-in ‘n grot-kamer! Die volgende stuk gaan ‘n orienteering binne-in ‘n grot-stelsel wees!
Met vlermuise wat om ons swiep beklouter ons die grot. Daar is kort-kort afdraai paadjies en ek voel vinnig-vinnig hoe die ysterhand van verdwaal om my hart begin klem: primal fear awaken, big time. Grant nav ons na ‘n paar CP’s en daarna ek en Frans. Grant kruip in die “fairy cave” in om ‘n CP te kry, EK sou verseker NIE daar ingekruip het nie, ons was heel verlig om hom weer daaruit te sien kom…Super F moes lateraan omtrent ‘n affidavit uitgee om my te convince dat die dak WEL hoër word nada thy deur ‘n stuk gehurkend gekruip het. Ek het steeks vasgeskop om daardeur te gaan sonder die affidavit. Kom toe darem lewendig aan die anderkant uit.
Ons drink ‘n koffietjie in die transition en praat strooi met die marshals, voordat ons die ysterperre weer aanja. Dit begin lig word, en die lig maak dit al hoe duideliker dat super F, nie meer so “super” voel nie. Post-race post mortem dui op allerhande oplossings, maar hoe weet mens wat is reg? Slipstream of pace, stoot of trek, bagasie-verspreiding? Al wat ek weet, is dat elke ou op die ou einde deur sy bad-patch moet werk en sy mental-works weer agtermekaar moet kry om aan te gaan. Frans kry dit reg na ‘n aartappel of 2 en ‘n “boost” pil af te sluk en ons werk ons pad dam toe. Ek en Grant lag vir die 2 hard tails teen die afdraendes af.
By die dam lag Eric (die fotograaf) himself omtrent onder sy kamera uit, na die volgende gesprek:
Nadine: “Let’s go, let’s go!”
Larry: “Where to, Lilly!”
Nadine: “Gaan links, gaan links!”
Eric: “WHAT?! This must be the first time in history that a man asks a lady for directions! Ha ha ha!”
Needless to say, hy het dit amusant gevind dat ‘n girl in die span navigeer. Ek en Frans is gewoond om saam te roei en doen goed. Post mortem, moes ons dalk maar omgeruil het met Larry en Grant. Ek kan Larry se nervous-energy goed hanteer….ek laat net ‘n paar golfies van die kant af splash….he he! Frans probeer my oorreed om my skoene nat te kry by die Checkpoint, maar ek manipuleer hom emosioneel en hy klim uit die boot om die CP te kry. Grant en Larry hang erens aan die damwal en ons roei terug.
Die hike-route-choice raak toe vinnig duidelik: ons kan óf deur die dam swem, of óm die dam hike. OK FINE! Kom ons swem! Dry-bag alles en swem. Ek is natuurlik eers aan die anderkant, nadat die ander 3 al ‘n tee-partytjie gehou het. Ons klouter deur die spinnerakke, wat taai genoeg is om homo sapiens te vang. As jy ‘n fobie vir spinnekoppe het, sou jy sekerlik hier van jou kop afgeraak het. Massive en ugly…massive en ugly, is al wat ek kan sê…
Ek en Frans nav, my berg-orienteering kort nog afronding. Ons gryp die Cp’s check die waterval uit, jubel oor die gevonde trig beacon en hike die ridge van die “amfi teater” soos dit bekend staan. Sien ander spanne oor die berg se ruggraat kruip in die verte. Ons maak beurte om voor te loop en beurte om te suffer. “Aasvoelkrans, aasvoelkrans, hoe ver nog?!” Die veeartse jaag ons en ons vat ‘n spannetjie verby waar die girl bietjie swaar kry…byt vas, chicky…ons was al almal daar…
Hóé bly was ons om oupa Gert (Mountainbike night riding legend) te sien wat ons na die ketting-leer direct. Amper klaar. Dankie tog Larry het nie laaste daar afgeklim nie, sy issues met safety-issues, sou my hom van bo af met die safety rope moes belay! ( abseil safety measure). Grant skep gou water, hy halusineer al die laaste half uur, of hy het wiskey saam gedra….. Ons hike berg-af op voetslaner paadjies.
Ons strompel by ‘n amper leë kamp in onder staande ovasie van Hardy en crew. Thanx dudes, we did it! Grant, awesome racing with you! Thank goodness you like talking as much as Larry does! Larry, my getroue Lava-teammate…ons maak dan maar weer so! Frans, my ou- Lock&load teammate – goed vasgebyt dude….
Die Magalies het ons uitgespoeg…en ons is dankbaar…
Author: Nadine Nunes | Team LAVA | Ystervark Legend, 9 April 2011
Photo by Erik Vermeulen